Verdere bespreking:
Help mekaar om raak te sien hoe goed en spesiaal jy gemaak is. Gee vir elke gesinslid ‘n beurt om oor elke ander lid iets te sê wat hy/sy waardeer van hom/haar.
Sit dan in stilte vir ‘n paar minute en bid net hierdie eenvoudige herhaal gebed:
“Here, help my om myself te sien soos U my sien. Amen”